LOGO

Welkom by die
Kapokbos Meatmasters
 webwerf

Inleiding

Kapokbos Meatmasters se tuiste is + 65 km suid van Beaufort Wes.
Die plaas se naam is Rietfontein en is in familie besit sedert 1852.

Hierdie gedeelte van die groot Karoo is een van die mees uitdagendste in Suid-Afrika.
Droogtes, lang loop afstande, sterk wind, uiterste temperature en ongediertes is eerder die reël dan die uitsondering.
Die boerdery word streng volgens ekstensiewe beginsels bedryf.

Wynand en Elaine Lourens is die trotse eienaars van die Kapokbos stoet en laat geen steen
onaangeroer om die kudde se kwaliteit voortdurend te verbeter nie.

Die Meatmaster ras pas ons boerdery omstandighede uitstekend.
Dit is vir ons krities belangrik om nie in isolasie te verval en “stoet blind” te raak nie.
Inter afhanklikheid help ons om die kudde te verbeter.

Ons glo daaraan om betrokke en ingelig te wees, dit is tot voordeel van die ras in sy geheel.
Daar is altyd iemand anders by wie kers opgesteek kan word.

Ons is nie groot kommersiële boere nie en daarom konsentreer ons eerder op kwaliteit dan kwantiteit.
Deur voortdurende seleksie en die gebruik van verskeie top ramme, poog ons binne ons vermoë, om
die beste moontlike Meatmasters te teel.

Verskeie mense het ‘n rol gespeel in die vestiging en ontwikkeling van Kapokbos Meatmasters.
Piet de Lange (Leliekrans) se onbaatsugtige hulp en insette het ‘n massiewe invloed op ons Meatmaster betrokkenheid.
Ons steun ook die doelwitte van die Telers Genootskap.

placeholder imageMEATMASTER%20BREADERS
Volg die skakels hieronder om meer te sien 
van Kapokbos Meatmasters.

“Vir die liefde van die grond”

LOGOsmall

Volg ons op Facebook vir meer nuus en verwikkelinge

Kontak Besonderhede

E-pos : wynand@kapokbos-meatmasters.co.za
Tel: 082 804 0364

This site is the official website for Kapokbos Meatmasters. 
 All information appearing on the Kapokbos Meatmasters website including logos are the sole property of the registered owner Kapokbos Meatmasters.
All information given is to our knowledge accurate and up to date we do however not take responsibility for any errors that may exist or any claims made on this website.
For more info please wynand@kapokbos-meatmasters.co.za
Site Designed & Maintained by - Plaas-Koop Marketing